Monday, 14 November 2011

Oom Louw se afstammelinge:

Die De Wets kuier: 5 November 2011



Op 5 November 2011 kuier die DeWets heerlik op Dries en Hilda Steyn se plot, Kameeldrift-Wes net aan die duskant van Hartbeespoortdam.

Die opgewondenheid met die weersiens was onbeskryflik!!  Jare en jare het verby gevlieg in ons 'eie' lewens sedert ons mekaar laas gesien het, en in sommige gevalle nog nooit gesien nie.

Annemarie Mertz (Frieda (Oom Louw se dogter) se dogter het vinnig 'n stuk papier nader gekrap en elkeen het sy 'plekkie' op die stamboom ingevul.  Kyk verder vir 'n volledige uiteensetting.  En ja, ons is familie van die veelbesproke Christiaan Rudolph de Wet.